WGO maan versigtigheid met verslapping van inperkings

Die Wêreldgesondheidsorganisasie doen ‘n beroep op lande om nié die Covid-beperkings oorhaastig op te hef nie. Dit kom nadat die wêreldwye sterftesyfer weens Covid-19 die 4 miljoen-kerf bereik het. Engeland wil feitlik al sy beperkings teen 19 Julie ophef. Mike Ryan van die WGO bestempel die idee dat mense liewer vroeër as later die Covid-19-virus moet opdoen, as epidemiologiese dwaasheid: