Zondo se waarskuwing word geloof

Corruption Watch in Suid-Afrika sê Adjunk-Hoofregter Raymond Zondo se waarskuwing dat die staatskapingskommissie nie geïntimideer sal word nie, is ‘n stap in die regte rigting. Dit volg nadat daar glo oor die naweek by die kommissie se kantore in Johannesburg ingebreek en twee skootrekenaars en verskeie dokumente gesteel is. Die rooftog het plaasgevind net ‘n week nadat daar volgens berigte op die kommissie se biblioteek geskiet is. Moepeng Talane van Corruption Watch sê die publiek se vertroue in die kommissie is deur Zondo se opmerkings versterk: