Amper 1 400 bees van Botswana ingevoer

Die Namibiese Vleisraad sê kudde tekorte kom oral in die land voor as gevolg van die impak van ‘n droogte wat sedert 2013 duur. Tans fokus boere op die herbou van kudde en daarom is Botswana as ‘n bron vir plaaslike abattoirs oorweeg. Volgens die Vleisraad is omgewingstoestande dieselfde en die land is ook bek- en klouseer vry. Die Namibiese Veeartseny Direktoraat het streng maatreëls toegepas vir die invoere en na aansoeke vir 1 904 bees ontvang is, is 1 389 tot dusver ingevoer vir plaaslike abattoirs. Meatco het vroeër aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hy nog wag vir diere vanuit die buurland.