Zimbabwiërs se uitsluitingspermitte in SA met ses maande verleng

Die Suid-Afrikaanse minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, het die geldigheid van uitsluitingspermitte vir Zimbabwiërs tot 30 Junie 2023 verleng. Die departement se woordvoerder, Siya Qoza, sê die minister het hom laat lei deur die aanbeveling van ‘n raadplegingskomitee. Qoza sê die minister het gelas dat geen permithouer in hegtenis geneem, aangehou of gedeporteer mag word nie. Die permithouers mag toegelaat word om Suid-Afrika binne te kom of te verlaat, op voorwaarde dat hulle aan alle ander vereistes voldoen. Qoza sê daar sal na Junie nie verdere verlengings wees nie