Swartenoster beswyk aan sy beserings ná hy deur trein gestamp is

Die swartrenosterbul wat vanoggend net na middernag deur ‘n trein tussen die stasies van Kranzberg en Okunguati gestamp is, het aan sy beserings beswyk. Volgens Christiaan Kahuure, TransNamib se voorman by Kranzberg-stasie, het die trein die renoster teen sy agterlyf getref. Die bul het nog gelewe, maar kon nie opstaan nie. Kahuure het die relevante owerhede dadelik ingelig en die polisie van Usakos en beamptes van die omgewingsministerie was op die toneel, waarna die renoster beswyk het.