Zim-statistiek oor Zimbabiërs in SA dalk nie korrek

Die Zimbabwiese Nasionale Statistiek-agentskap sê sy jongste verslag het aan die lig gebring dat daar 773 000 Zimbabwiërs in Suid-Afrika woon waarvan die meerderheid mans is. Die agentskap sê volgens die departement van binnelandse sake is daar 178 000 Zimbabwiërs wat met wettige permitte in die land woon en werk. Die president van die Afrika-diaspora Wêreldwye-netwerk, Vusi Sibanda, sê die statistiek is moontlik nie heeltemal akkuraat nie.