SA vervoerminister: Acsa nie te koop

Die minister van vervoer in die buurland, Fikile Mbalula sê die regering het geen planne om afstand te doen van sy aandele in die Lughawens-maatskappy van Suid-Afrika, Acsa, nie. Dit volg na aanduidings van voornemende beleggers dat hulle belangstel om ‘n belang in Acsa te bekom. Mbalula sê die onderneming in staatsbesit, wat die land se belangrikste lughawens bestuur, is ‘n strategiese nasionale bate. Die minister voeg by dit speel ‘n belangrike rol in Suid-Afrika se ekonomiese her-opblou en herstel, en maak dit moontlik vir Afrika se lugvaartsektor om te groei.