Koning Charles III groet roubeklaers by Buckingham-paleis 

Leiers uit alle dele van die wêreld het verenig in hul hulde aan koningin Elizabeth. Selfs die Russiese President Vladimir Putin het sy medelye uitgespreek met koning Charles die Derde, al het Brittanje, saam met ander Westerse lande, sanksies teen Moskou ingestel oor sy inval in Oekraïne. Die nuwe koning het in Londen aangekom en hy is besig om die skare roubeklaers by Buckinham-paleis te groet. Koning Charles lewer vanaand om sewe-uur Namibiese tyd sy eerste openbare toespraak.