Zim se oes lyk vanjaar beter

In vergelyking met vorige jare, het Zimbabwe goeie reën die seisoen ontvang. Boere het van hierdie geleentheid gebruik gemaak en genoeg gewasse geplant. Volgens Deon Theron, die voormalige president van die Kommersiële Boere-unie in Zimbabwe, word ‘n beter oes vanjaar verwag. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus.