EU stel sanksies teen Belarus in

Leiers van die Europese Unie het ekonomiese sanksies teen Belarus ingestel. Hulle het ook hul lugrederye versoek om die Belo-Russiese lugruim te vermy, terwyl magtiging gegee word om die land se lugdienste in die Europese lugruim en lughawens te verbied. ‘n Ryanair-vlug van Athene na Vilnius moes noodgedwonge in Belarus land, waar die opposisie-blogger Roman Protasevich en sy Russiese vriendin, Sofia Sapega, in hegtenis geneem is. Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê verdere ekonomiese sanksies sal binnekort aangekondig word: