Zim se Exiles-forum keer vir xenofobie

Die Zimbabwe Exiles Forum het gewaarsku die Limpopo-LUR vir Gesondheid, Phophi Ramathuba, se opmerkings moet nié as xenofobies bestempel word nie. Dit volg ná ‘n storm op sosiale media losgebars het weens haar uitlating dat migrante uit Zimbabwe Suid-Afrika se gesondheidstelsel onder groot druk plaas. Die voorsitter van die forum, Gabriel Shumba, sê die LUR het slegs die waarheid beklemtoon, hoewel haar opmerking onbedoelde gevolge gehad het.