Weermag kry vier keer meer as gesondheid vir toerusting

Die Namibiese regering se begroting vir operasionele toerusting beloop vanjaar 814 miljoen Namibiese dollar. Meer as twee-derdes van die begroting, of te wel, 552 miljoen dollar sal op toerusting vir die weermag bestee word terwyl gesondheid se toerusting vier keer minder ontvang, op 139 miljoen dollar. Die begroting vir die weermag is ook 19 keer dit wat landbou ontvang het vir waterinfrastruktuur, op 29 miljoen dollar. Die totale begroting is amper 11 persent meer as verlede jaar, maar 17,5 persent minder as die begroting vir 2019-2020, twee jaar gelede.