Zaporizhzhia-inwoners ontvang jodiumpille

Mense wat naby die die Zaporizhzhia-kernkragsentrale in Oekraïne woon het jodiumtablette ontvang weens kommer oor vir ‘n moontlike stralingslekkasie. Dit volg nadat die aanleg Donderdag tydelik van lyn af was as gevolg van brandskade aan ’n transmissielyn. Jodiumtablette word geneem om die skildklier se opname van radioaktiewe jodium tydens ‘n kernongeluk te blokkeer. Gevegte in die omgewing van die aanleg het kommer laat ontstaan oor ‘n moontlike kernramp.