Zim-regering berei voor vir duisende landsburgers se terugkeer

Die Zimbabwiese regering sê die meeste mense wat in Suid-Afrika woon en werk onder die Zimbabwiese Vrystellingspermit-stelsel kwalifiseer nie vir kritieke vaardigheidspermitte nie, en hy berei voor vir ‘n toestroming van burgers wat terugkeer. Die permitte sou op 31 Desember vanjaar tot ‘n einde gekom het, maar die Suid-Afrikaanse departement van binnelandse sake het dit met ‘n verdere ses maande verleng om Zimbabwiërs meer tyd te gee om vir ander visums aansoek te doen. Teen einde Oktober het minder as 10 persent van permit-houers aansoek gedoen. Daar is rondom 180 000 Zimbabwiese permit-houers wat geraak sal word deur die nuwe sperdatum van 30 Junie volgende jaar.