Nkosozana se presidentsveldtog loop dood

‘n Gebrek aan openbare steun het Nkosazana Dlamini-Zuma se ANC-presidentsveldtog tot stilstand gebring. Sy is glo nie beïndruk met die verloop van haar veldtog nie. Dlamini-Zuma is teleurgesteld omdat diegene wat haar ondersteun, teruggestaan het. Ondanks die versoek van sommige ANC-lede wat haar gevra het om mee te ding, is nie een van haar ondersteuners gewillig om haar veldtog te lei nie. Met slegs ‘n paar weke oor voor die ANC se verkiesingskonferensie in Desember, het nog nie ‘n enkele hoëprofiellid van die regerende party na vore getree nie.