So integreer ons mense met gestremdhede

Mense met gestremdhede is weer in die nuus in die aanloop tot die Internasionale Dag vir Mense met Gestremdhede wat op 3 Desember herdenk word. Wêreldwyd is daar ongeveer ‘n miljard mense wat gestremd is maar, wat ook deel moet vorm van die samelewing. Tjiueza Tjombumbi, ‘n aktivis gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor hoe Namibië die mense kan integreer, ook in die werkplek.