Zim-masels: Kerke en sektes verhoed inentings

Zimbabwe sukkel om sy masels-uitbreking onder beheer te kry en tot dusver is amper 700 kinders onder die ouderdom van 15 dood met meer as 6 000 gevalle wat bevestig is.  Volgens Setfree Mafukidze, ‘n kommentator van Health Factor in Zimbabwe, is die grootste probleem die hoeveelheid sektes en kerke in Manicaland, waar die uitbreking plaasgevind het. Die kerke glo nie in inentings nie.