Afriforum wil dele van rampsbestuurswet ter syde laat stel

AfriForum in Suid-Afrika het hofstukke ingedien by die Hooggeregshof in Pretoria om dele van die Wet op Rampbestuur wat volgens hom magsmisbruik bevorder, te hersien en tersyde te stel. Die burgerregte-organisasie se uitdaging volg nadat die Covid-19-pandemie tot ‘n nasionale ramp verklaar is. Ernst van Zyl van AfriForum sê die organisasie onderneem hierdie saak in die belang van sy meer as 306 000 lede en die algemene publiek: