Zim-grense paraat vir polio vanaf Mosambiek

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê Zimbabwiese gesondheidsowerhede op ‘n hoë gereedheidsgrondslag weens die hoë verkeersvolume tussen Zimbabwe en die naburige Mosambiek waar poliogevalle onlangs aangemeld is. Die WGO sê daar is kommer oor ‘n moontlike uitbreking, veral na onderbrekings in roetine inentings as gevolg van Covid. Die aankondiging van ‘n poliovirus-uitbreking in Malawi in Februarie 2022 het Zimbabwe genoodsaak om ‘n gedetailleerde poliorisiko-analise te doen wat toon dat die land ‘n hoë risiko loop vir die invoer van die virus.