Russe ondersoek Krimbrug-ontploffing

Russiese duikers sal vandag die skade wat veroorsaak is deur ‘n kragtige ontploffing op Rusland se pad-en-spoorbrug na die Krim ondersoek. Die brug, wat ‘n gesogte simbool van Moskou se anneksasie van die skiereiland is, is Saterdag beskadig na ‘n groot ontploffing wat ook die spoorlyn beskadig het. Die brug is belangrik vir voorraad nie net vir inwoners van die Krim nie maar ook die Russiese weermag. Russiese owerhede sê die skiereiland het ‘n maand se brandstof en meer as twee maande se kos in voorrad. Rusland het die Krim van die Oekraïne in 2014 geannekseer en die brug is vier jaar later deur President Vladimir Putin amptelik geopen.