Shikongo het harde woorde vir Keetmans-polisielede

Die hoof van die Namibiese polisie inspekteur-generaal Joseph Shikongo het lede van die mag op Keetmanshoop toegespreek. Hy het harde woorde vir beamptes gehad en hulle gewaarsku oor swak prestasie. Hy sê daar is geen onderhandeling nie. Die mag is die mag en misdaad kan nie in kantore voorkom word nie.

Na sy toespraak het hy beamptes opdrag gegee om in die gemeenskap in te beweeg and patrollies uit te voer.