Zim dring deur na Super 12’s… vir die eerste keer!

Zimbabwe het die eerste keer deurgedring tot die Super 12’s van die T20-Wêreldbekertoernooi toe hulle Skotland in hulle eerste-ronde-wedstryd in Hobart, Australië, met vyf paaltjies geklop het. Die Skotte kon net 132 vir ses in hulle 20 boulbeurte aanteken, met George Munsey se 54 die hoogste individuele telling. Zimbabwe het swak begin en hulle tweede paaltjie vir net sewe lopies verloor, maar kaptein Craig Ervine en Sikandar Raza het gehelp om dinge op koers te kry en die Afrika-span het die wenteiken in hulle voorlaaste boulbeurt bereik.