Regstappe dreig oor wysiging aan kieswet in SA

Verskeie burgerlike samelewingsgroepe in die buurland sê hulle sal regstappe instel ná die aanneming van die Verkiesings-wysigingswetsontwerp. Die Nasionale Vergadering het ten gunste van die wetsontwerp gestem wat deur verskeie organisasies gekritiseer is. Dit sal onafhanklike kandidate toelaat om in die nasionale en provinsiale verkiesing mee te ding. Die voorsitter van die Onafhanklike Kandidate-vereniging, Michael Louis, sê 77 burgerlike groepe, insluitend die Raad van Kerke, vakbonde en godsdiensleiers, is gekant teen die wetsontwerp: