Zelensky wil lidmaatskap van Navo versnel

Die President van Oekraïne, Wolodimir Zelensky, gaan ʼn versnelde aansoek vir lidmaatskap van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie, Navo, ingedien. Dit volg op die Russiese leier Vladimir Putin se proklamasie van die anneksasie van vier gedeeltelik besette Oekraïnse streke,  Luhansk, Donetsk, Zaporizhzhia en Kherson. Russiese gevolmagtigdes in die streke het vandeesweek referendums gehou wat deur die internasionale gemeenskap as onwettig verwerp is. Volgens berigte is Zelensky se stap dramaties aangesien Oekraïne se Navo-lidmaatskap nog altyd ‘n rooi lyn vir Rusland was.