City Power stel tien Johannesburgse hospitale vry van beurtkrag

City Power het bevestig tien van Johannesburg se 130 gesondheidsgeriewe gaan vrygestel word van beurtkrag. Die kragvoorsiener sê egter sekere hospitale val in dieselfde netwerk as hul gemeenskappe, wat dit moeilik maak om dit kwyt te skeld. Die departement van gesondheid het die kragvoorsiener genader om maniere te oorweeg om hul geriewe van die kragonderbrekings vry te stel. City Power se woordvoerder, Isaac Mangena, sê hulle werk daaraan om die kwessie op te los sodat meer gesondheidsgeriewe die aanhoudende kragonderbrekings kan vryspring.