Bloedoortappingsdiens het dringend O-negatief-bloed nodig

Die Bloedoortappingsdiens van Namibië het ‘n beroep op Namibiërs gedoen wat O-negatief is, om dringend bloed te skenk. Volgens die diens is daar baie ernstige siek pasiënte in hospitale wat van dié skenkers afhanklik is om hul lewens te red. Vervoerreëlings sal vir skenkers getref word. Titus Shivute, woordvoerder van die diens, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.