Zelensky sukkel met ‘sameswering’ met Russe in sy geledere

Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, het sy hoof van die binnelandse veiligheidsdiens en sy staatsaanklaer afgedank, met verwysing na honderde gevalle van beweerde hoogverraad. Zelensky sê meer as 60 amptenare van die veiligheidsdiens en aanklaer se kantoor werk teen die Oekraïne in Russies-besette gebiede, en 651 hoogverraad- en samewerkingsake is teen van die beamptes geopen. Die afleggings van Ivan Bakanov, hoof van die veiligheidsdiens, en aanklaer-generaal Iryna Venediktova, wat pogings gelei het om Russiese oorlogsmisdade te vervolg, en die groot aantal sake van hoogverraad onthul die groot uitdaging van Russiese infiltrasie in daardie land.