SA moet verder op Madiba se waardes bou

President Cyril Ramaphosa sê Nelson Mandeladag is ʼn geleentheid om te onthou dat Suid-Afrika se probleme, insluitende die energiekrisis en die vlaag geweldsmisdade, nie onoorkombaar is nie. In sy weeklikse nuusbrief sê hy elke jaar op hierdie dag gaan dit oor die kweek van ʼn kultuur van diens wat verder as 67-minute strek. Ramaphosa sê hierdie dag is ʼn geleentheid om opnuut te wy aan die waardes waarvoor Mandela gestaan het en om ʼn Suid-Afrika te bou waaraan hy sy lewe gewy het. Hy sê om demokrasie in die land te beskerm begin met individuele optrede.