Banyana sal ‘n kliniese aanslag vanaand moet vat

Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, sê haar span sal klinies voor die doelhok moet wees wanneer hulle vanaand in die halfeindronde van die Afrikanasiesbeker vir Vroue teen Zambië te staan kom. Die spanne het in Februarie vanjaar laas teen mekaar gespeel in ‘n internasionale vriendskaplike wedstryd waar die Copper Queens Suid-Afrika met drie-nul afgeransel het. Ellis sê haar span gaan daarop fokus om ‘n plek in die eindstryd te bespreek en die ontwykende titel te wen: