Zelensky skryf brief aan VN oor Swart See-graanooreenkomsJuly 18, 2023
Die President van Oekraïne, Volodimir Zelensky, sê hy het ‘n brief aan die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres geskryf en gevra dat daar voortgegaan word met die Swart See-graanooreenkoms sónder Rusland. Rusland het aangekondig dat hy hom aan die ooreenkoms onttrek het. Zelensky het in ‘n toespraak gesê enige land mag aanspraak maak op stabiliteit, of dit nou Afrika, Asië of Europa is. Guterres het vroeër ook sy teleurstelling uitgespreek oor Rusland se besluit.