Zelensky sê sonder vrede is klimaatsberaad ‘n klug

Oekraïne se President Volodymyr Zelensky sê daar kan geen doeltreffende klimaatsbeleid sonder vrede wees nie. Hy het die COP27-klimaatberaad wat tans in Egipte plaasvind via videoskakel toegespreek. Die Verenigde Nasies sê huidige ondernemings om kweekhuisgasse te verminder, sal tot ‘n styging van 2,5 grade Celsius in die wêreldtemperatuur lei wat katastrofiese gevolge sal hê. Zelensky sê Rusland se inval in sy land vererger die gevolge van klimaatsverandering: