Mpumalanga se wiskunde-leerders se punte moet aangepas word

Die Suid-Afrikaanse onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, doen ‘n beroep op die Departement van Basiese Onderwys om alle leerders in Mpumalanga wat geraak word se punte vir Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid aan te pas. Dit volg nadat betogings die eksamen in die provinsie sedert Maandag ontwrig het. Die departement beoog om leerders in die provinsie twee verskillende vraestelle vir die twee vakke te laat skryf, maar Makaneta sê om regverdig te wees moet al die kandidate dieselfde vraestel skryf: