Russell wil ook hê Hamilton moet by Mercedes bly

George Russell het sy Mercedes-spanmaat Lewis Hamilton ondersteun om in die komende jare nog sukses na die Silver Arrows te bring. Die sewemalige wêreldkampioen het bekend gemaak hy is gretig om ‘n nuwe kontrak vir die volgende paar jaar met die span te onderteken. Hamilton se huidige kontrak verstryk aan die einde van die volgende seisoen. Russell sê dis opwindend dat Hamilton moontlik ‘n paar jaar lank by Mercedes sal bly omdat hy bewys het sy voet is beslis nog op die versneller.