Zelensky sê Putin wil kritiese dam opblaas

President Volodymyr Zelensky het Rusland beskuldig dat hy myne by ‘n hidroëlektriese skema in die Kherson-streek in die suide van Oekraïne geplant het. Die gebied is onder beheer van Moskou se magte. Zelensky sê as die dam vernietig word, gaan die Noord-Krimse kanaal eenvoudig verdwyn, wat hy beklemtoon, ‘n katastrofe van reuse-omvang sal wees. Daar word berig Rusland se doel is om die Oekraïnse aanslag in die streek tot stilstand te bring en Russiese troepe te beskerm.