Matie word dalk krimineel vervolg na ‘rassistiese’ voorval

Die Nasionale Vervolgingsgesag in Suid-Afrika beoog om die voormalige student van die Universiteit van Stellenbosch, Theuns du Toit, vir opsetlike saakbeskadiging en crimen injuria te vervolg. Die universiteit het Du Toit geskors na hy in Mei op kamera betrap is dat hy op ‘n eerstejaarstudent, Babalo Ndwayana, se lessenaar, skootrekenaar en boeke in die Huis Marais-koshuis ge-urineer het. Die voorval het protes ontlok met studente wat die bestuur van rassisme beskuldig het. ‘n Instelling van die Solidariteitsbeweging, Akademia, het bevestig Du Toit wil sy studies aan die Afrikaanse privaatinstelling voortsit.