Zelensky ontmoet Biden by Withuis

President Volodymyr Zelensky van Oekraïne het die Amerikaanse President Joe Biden by die Withuis in Washington ontmoet, in sy eerste buitelandse reis sedert Rusland sy land in Februarie binnegeval het. Biden het aan Zelensy gesê die VSA sal Oekraïne bystaan vir so lank as wat dit nodig is. Die VSA is Oekraïne se belangrikste bondgenoot in die oorlog. Biden het ‘n nuwe pakket van 34 miljard Namibiese dollar bevestig en nog 772 miljard dollar belowe. Ná die Withuis-ontmoeting het die 44-jarige Zelensky ‘n gesamentlike sitting van die kongres toegespreek, waar hy staande toegejuig is. Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, sê die militêre bystand sluit in ‘n oordrag van die Patriot-lugafweerstelsel wt kruisermissiele, kortafstsand- ballistiese missiele en vliegtuie teen ‘n hoër afstand kan afskiet as die vorige lufafweerstelsels wat verskaf is.