Tsumeb-man wat vir depressie onder mans stap, kom veilig by Hentiesbaai aan

Die jong man van Tsumeb wat ‘n staptog vanaf dié Noordedorp kus toe aangepak het om bewusmaking van depressie onder mans te skep, het veilig by Hentiesbaai aangekom. Die 23-jarige Alex Gous wil met sy epiese staptog van 640 kilometer deur die hitte en op stowwerige grondpaaie die boodskap aan mans bring dat dit nie ’n swakheid is om oor jou gevoelens te praat nie. Volgens sy pa, Andries Gous van Grootfontein, het ‘n groep jong mense saam met Alex vanaf die Uis-afdraai tot by Hentiesbaai gestap. Alex, ‘n dieselwerktuigkundige-student van Nimt op Tsumeb, stap vandag vanaf Hentiesbaai tot by Wlotzkasbaken en môre vandaar tot by Swakopmund.