ANC-NUK: 41 is vroue

Die ANC het 80 bykomende lede by sy nasionale uitvoerende komitee gevoeg. Die aankondiging was uitgestel weens verskeie administratiewe vertragings tydens die vyfdaagse verkiesingskonferensie. Die inkomende NUK sal sommige uitstaande kwessies van die integriteits-kommissie tydens die vorige administrasie moet hanteer. Die voorsitter van die party se verkiesingskommissie, Kgalema Mothlanthe, sê 41 van die bykomende lede is vroue, insluitend Thandi Modise, Angie Motshekga, Bathabile Dlamini en Stella Ndabeni-Abrahams.