Zelensky bedel vir nog wapens
Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, het die VSA gevra om die lewering van militêre hulp te bespoedig. Hy sê Rusland trek voordeel uit die stadige aflewering van wapens. Verlede week het president Joe Biden ‘n hulppakket van 1,81-duisend-miljard-rand vir Oekraïne, Israel en Taiwan goedgekeur. Sommige wapens is reeds aan Oekraïne gelewer. Zelensky sê hulle benodig artillerie-koeëls en lugverdedigingstelsels want Rusland berei voor vir aanvalle.