Zaporizhzhia-kernaanleg moet dringend beskerm word

Die Internasionale Atoomenergie-agentskap sê die Zaporizhzhia-kernkragsentrale in Oekraïne het sy laaste oorblywende eksterne kragbron weens bomaanvalle verloor. Die aanleg maak nou staat op nood-dieselkragopwekkers wat hy nodig het vir reaktor-afkoeling en ander noodsaaklike kernveiligheids- en sekuriteitsfunksies. Die aanleg se verbinding aan die 750-kilovolt kraglyn is die naweek afgesny. Rafel Grossi van die agentskap sê die hervatting van bomaanvalle wat die aanleg se enigste eksterne kragbron vernietig het, is uiters onverantwoordelik.