Opul se besnoeiings sal nie oor langtermyn saakmaak nie – ekonoom

Ten spyte daarvan dat Opul besluit het om olie-produksie met 2 miljoen vate per dag te verminder, kan dit geneutraliseer word deur verhoogde olie-uitset van Amerika en Kanada, tesame met ‘n dreigende wêreldwye resessie vroeg volgende jaar, wat kan veroorsaak dat Namibiese brandstofpryse teen volgende maand verder daal. Volgens ‘n plaaslike ekonoom, Theo Klein van Simonis Storm, sal die ekonomiese resessies wat na verwagting in die eerste helfte van 2023 regoor die wêreld vorm sal aanneem, kan dit wees dat die vraag verswak en dus sal die verminderde aanbod nie ‘n wesenlike impak op globale oliepryse hê nie. Klein gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Hy voeg by dat daar reeds ‘n afname in beide fabriek- en uitvoer-bestellings in nywerheidslande soos Duitsland, China en Kanada is.