Verstappen en Leclerc trek van agter af weg

Red Bull se voorloper in die Formule Een-wêreldkampioenskap, Max Verstappen en sy mededinger Charles Leclerc van Ferrari sal in Sondag se Belgiese Grand Prix aan die stertkant wegspring nadat hulle weens enjinverbeterings gestraf is. Sowel Verstappen en Leclerc het die toegelate gebruik van enjinkomponente oorskry, wat tot die outomatiese strawwe gelei het. Lando Norris van McLaren,Valtteri Bottas van Alfa Romeo’s en Esteban Ocon van Alpine sal om dieselfde redes ook op die rooster afskuif. Dit sal die kanse vergroot dat Mercedes se sewemalige kampioen, Lewis Hamilton, en spanmaat, George Russell,  hul eerste oorwinning van die seisoen behaal.