Zanu-PF hou verkiesingskongres, Mnangagwa staan alleen

President Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe sê dat sy land volgende jaar verkiesings in die volle glans van wêreldaandag sal hou omdat hulle niks het om weg te steek nie. Volgende week hou die regerende party Zanu-PF sy eerste verkiesingskongres sedert Mnangagwa die mag by wyle Robert Mugabe deur ‘n staatsgreep in November 2017 oorgeneem het. Tot dusver het niemand vorendag gekom om hom vir die party se leierskap uit te daag nie en sou die situasie onveranderd bly sal die 80-jarige Mnangagwa sy tweede, en laaste, termyn as president soek.