Durban se toerisme val met 82% in drie jaar

Die DA in eThekwini sê hy bly bekommerd oor die stand van die toerismebedryf in die stad. Dit volg na twee verslae wat verlede week by die Komitee vir Ekonomiese Ontwikkeling en Beplanning ter tafel gelê is. Die woordvoerder van die DA, Sakhile Mngadi, sê volgens die verslag het die getal internasionale toeriste van 339 007 in 2017 gedaal tot 58 271 verlede jaar. Dis ‘n afname van 82 persent. Mngadi sê die afwaartse neiging het al voor die Covid-19-pandemie begin: