Zambiese opheffing van verbod op houtinvoere is goeie nuus vir Namport

Namport sê die opheffing van die verbod deur die Zambiese regering op die uitvoere van rooshout is uiters voordelig vir hom. Sedert Augustus 2021 kon die hawe geen hout vanaf Zambië uitvoer nie en dit het ook ‘n wesenlike impak op korridorvolumes vir die eerste en tweede kwartaal van 2022 gehad. Namport sê dat die buurland se regering in Mei vanjaar die verbod opgehef het wat hom die geleentheid bied om meer as 600, 40-voet vraghouers in die volgende ses maande te hanteer en die hoeveelheid in die volgende 12 maande te verdubbel. Hout begin reeds by Walvisbaai aankom en Namport sê meer maatskappye sal hul voorbeeld volg aangesien die proses om houtuitvoerlisensies te bekom tans baie stadig is as gevolg van die streng maatreëls wat die Zambiese regering ingestel het.