Vragmotorbestuurders moet die roetes in Mpumalanga vermy

Die polisie in Mpumalanga is bekommerd oor onlangse voorvalle van diefstal uit motorvoertuie, asook rooftogte. Verskeie vragmotorbestuurders het berig ‘n groep aanvallers het uit die bosse verskyn en vuurwapens op hulle gerig toe hulle langs die pad stilgehou het. ‘n Polisiewoordvoerder, Selvy Mohlala, sê dit het gebeur op die R-548-, die R-42- en die N-12 naby Delmas, asook langs die N-4- en die Bethal-pad naby Middelburg: