Zambiese man vas vir verkoop van brandstof

‘n Zambiese burger, 27 jaar oud, sal binnekort in die hof op Walvisbaai verskyn nadat hy by die hawedorp se vragmotor-oornagperseel betrap is met brandstof. Die Namibiese polisie sê hy het gepoog om die brandstof daar te verkoop en is in hegtenis geneem in besit van agt 200-liter dromme, drie 25-liter kanne en een 25-liter kan wat kwart vol was. Die polisie se ondersoek duur voort en dit is nie duidelik van waar die brandstof afkomstig is nie maar, dis hoogs waarskynlik dat dit Angolese brandstof is. Daar is tans uitdagings met die onwettige verkoop van die brandstof as gevolg van die plaaslike brandstofprys.