Pegasus-sagteware op Britse regeringsnetwerk gevind

Die digitale Kanadese regte-waghondgroep Citizen Lab sê hy het Britse amptenare gewaarsku dat elektroniese toestelle wat aan regeringsnetwerke gekoppel is, insluitend sommige binne die premier se kantoor en ministerie van buitelandse sake, blykbaar met Israelies-vervaardigde spioenasie-program Pegasus besmet is. CitizenLab sê die program het amptelike Britse netwerke geïnfiltreer. ’n Woordvoerder van die Israelse NSO-groep, wat Pegasus vervaardig en verkoop, sê die bewerings is vals en kan om tegnologiese redes nie met NSO-produkte verbind word nie. Die Britse regering wou geen kommentaar oor die aangeleentheid maak nie.