Zambiese gevangene in Russiese tronk sterf in Oekraïne op voorste linie

Kiëf het Afrika-leiers aangemoedig om te keer dat hul burgers in Rusland se inval in die Oekraïne gewikkel word, ‘n dag nadat Zambië gesê het dat een van sy landsburgers in die konflik dood is. Volgens berigte het ‘n Zambiese student wat in Rusland in die tronk was, gesterf in gevegte in die Oekraïne. Zambiese owerhede  het ‘n verduideliking van die Kremlin geëis. Lemekhani Nyirenda, 23, is op 22 September 2022 in die Oekraïne in gevegte oorlede. Woordvoerder van die Oekraïne se ministerie van buitelandse sake, Oleg Nikolenko, het Afrika-lande versoek om Rusland te druk om nie hul burgers in Moskou se oorlog in die Oekraïne te gebruik nie. Oekraïnse amptenare sê die Wagner-huursoldaatgroep het duisende soldate wat in Russiese tronke gewerf is na die voorste linie gestuur, met die belofte van ‘n salaris en ‘n amnestie.