Wildekat-projek versit berge in Kaapstad

Die Wildekat-projek in Kaapstad het ‘n mylpaal bereik nadat 3 638 katte die afgelope 11 maande suksesvol gesteriliseer is. Die stigter van die organisasie, Brenda Kerr, sê die voedingsprogramme en Vang-steriliseer-keer teug-programme maak dit vir die katte moontlik om steeds in die veiligheid van wilde kolonies te leef en keer die verspreiding van siektes en ongewenste werpsels. Kerr sê die organisasie poog om soveel moontlik katte te help.